Johnny Weissmuller

Johnny Weissmuller
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Johnny Weissmuller, 1940

Geboortenaam Peter Johann Weißmüller
Geboorte 2 Junie 1904
Freidorf, Oostenryk-Hongarye, (nou Roemenië)
Sterfte 20 Januarie 1984
Acapulco, Mexiko
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1929–'76
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Johnny Weissmuller (gebore as Peter Johann Weißmüller;[1] 2 Junie 1904 – 20 Januarie 1984) was ’n Amerikaanse swemmer en akteur wat veral bekend was vir sy rol as Tarzan in rolprente van die 1930's en 1940's en as houer van die beste rekords in mededingende swem van die 20ste eeu. Hy was in die 1920's een van die vinnigste swemmers in die wêreld: hy het vyf Olimpiese goue medaljes vir swem gewen en ’n bronsmedalje vir waterpolo.

Ná sy swemloopbaan het hy die sesde akteur geword wat Edgar Rice Burroughs se aapman, Tarzan, speel – in altesaam 12 rolprente. Sy bekende Tarzan-roep word steeds dikwels in rolprente gebruik.

  1. [1]

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy